Redenaars
Om deel te neem aan redenaars bied vir jou verskeie voordele:
- Hierdeur bemagtig ons leerders vir openbare optrede.
- Dit kweek selfvertroue en om ander mense tot hul standpunt te oorreed.
- Dit help leerders om op hulle voete te kan dink en uit die vuis te kan reageer op ander se argumente.
Hier neem leerders in Gr R tot 3 deel aan die juniorafdeling en Gr 4 tot 7 aan die seniorafdeling aan verskeie uitdunrondtes. Van interne redenaarsaande waar sprekers onder mekaar meeding. Daarna kan hulle kwalifiseer vir die volgende kompetisies:
- ATKV streeks- en nasionale kompetisies
- Radikale Redenaarsfees (provinsiaal en nasionaal)
- Super 8-redenaars
Temas word voorsien deur ATKV en taalonderwysers by die skool asook ervare ATKV beoordelaars wat graag bystand bied waar nodig vir ons Hoffies.