Rooipen

Kernwaardes

Vir Laerskool La Hoff is dit belangrik dat:
  • onderrig sal geskied vanuit ‘n Christelike Perspektief;
  • hoë akademiese standaarde gehandhaaf sal word;
  • personeel bekwaam en kundig sal wees;
  • leerders fisies ontwikkel sal word;
  • leerders as ‘n kulturele wese ontwikkel sal word;
  • leerders gemotiveer sal word om hulle volle potensiaal te bereik;
  • ouers ‘n integrale rol as prominente deel van die opvoedingspan sal speel;
  • ʼn harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat geskep sal word, en
  • die hoogste vlak van effektiewe bestuur verseker sal word.

Visie

Die visie van Laerskool La Hoff  is  die  voorsiening  van opvoedkundige en sosiale doelstellings, oogmerke en insette vir elke leerder wat hulle sal help met die ontwikkeling van hulle maksimum potensiaal tot verheerliking van God. Dit sal bereik word deur effektiewe en relevante onderrig. Die skool is voorts ook verbind tot ‘n eerlike, sterk werksetiek, ouerbetrokkenheid en respekteer die regte van elke leerder en rolspeler wat betrokke is by die skool.

Uit die Hoof se pen

Verwelkoming

Baie dankie dat julle Laerskool La Hoff as julle nuwe skool gaan kies. Ons weet sommer van die begin af dat julle nie sal spyt wees nie. Onthou, dit hang alles net van julle af hoe julle die dinge hier by ons gaan aanpak. Hier by ons skool is die akademie, dis nou leerwerk, baie belangrik. Moenie nou al daarvoor skrik nie want ons gaan dit baie aangenaam en lekker maak omdat ons sommer baie aansporingsmetodes gebruik.

Hoekom La Hoff

i) Kommunikasie is belangrik
ii) Erkenningsfunksie waar almal erkenning ontvang
iii) Kwaliteitonderwys word gelewer
iv) Toegewyde personeel
v) Personeel presteer op verskeie terreine
vi) Gelukkige kinders

Leerareas en addisionele vakke

Laerskool La Hoff bied met trots ‘n uitkomsgerigte kurrikulum aan om leerders by uitstek op die eise van die nuwe millenium voor te berei. Die klem val op lewensvaardighede en word deur middel van agt leerareas benader. Die agt leerareas word op verskillende wyses vir die verskillende onderrigfases (Grondslag, die Intermediêre – en die Seniorfase) in leerprogramme geïntegreer. Bekwame en toegewyde personeel sorg vir kwaliteitonderrig in alle leerareas.

  • Die Leerareas is soos volg:

  • Taal, Geletterdheid en Kommunikasie
    (Afrikaans en Engels);
  • Wiskunde;
  • Natuurwetenskappe;
  • Tegnologie;
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe;
  • Lewensoriëntering;
  • Sosiale Studies;
  • Kuns en Kultuur

  • Verder word die volgende addisionele vakke ook aangebied:

  • Rekenaarondersteunde onderrig;
  • Rekenaargeïntegreede onderrig;
  • Bybelonderrig;
  • Bewegingsontwikkeling (Liggaamlike Opvoeding)

Grondslagfase

Vanaf 2012 word die riglyne gevolg soos vervat in die Nasionale Beleid: KAV’s Kurrikulumverklaring en Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklarings.

Vakke en tydstoedeling vir Graad R:

Huistaal: Afrikaans: 10 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede: 6 uur

Vakke en tydstoedeling vir Graad 1 en 2:

Huistaal: Afrikaans: 8 uur
Eerste Addisionele Taal: Engels: 2 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede: 6 uur
Aanvangskennis en Persoonlike en Sosiale Welstand: 2 uur
Kreatiewe Kuns: 2 uur
Liggaamlike Opvoeding: 2 uur

Vakke en tydstoedeling vir Graad 3:

Huistaal: Afrikaans: 8 uur
Eerste Addisionele Taal: Engels: 3 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede: 7 uur
Aanvangskennis en Persoonlike en Sosiale Welstand: 3 uur
Kreatiewe Kuns: 2 uur
Liggaamlike Opvoeding: 2 uur

 

Assessering in die Grondslagfase

Informele Assessering of daaglikse assessering:

Dit behels die inwin van gegewens oor die leerders se prestasies.

Dit word gedoen deur die daaglikse monitering van die leerders se vordering deur waarneming tydens besprekings en praktiese werk. Informele assessering stel die onderwyser in staat om aan leerders terugvoer te gee en die pad vorentoe te beplan.

Formele Assessering:

Formele Assessering word gedoen d.m.v. formele assesseringstake wat deur leerders uitgevoer word soos deur KAV’s voorgestel.

Aantal formele assesseringstake Graad 1 tot 3:

Huistaal: Afrikaans
Eerste kwartaal: 1
Tweede kwartaal: Graad 1 en 2: 2 take. Graad 3: 3 take
Derde kwartaal: Graad 1 en 2: 2 take. Graad 3: 3 take
Vierde kwartaal: 2

Eerste Addisionele Taal: Engels
Eerste kwartaal: 1
Tweede kwartaal: 1
Derde kwartaal: 2
Vierde kwartaal: 1

Wiskunde:
Eerste kwartaal: 1
Tweede kwartaal: 2: Graad 1 en 2; Graad 3: 3.
Derde kwartaal: Graad 1 en 2: 2; Graad 3: 3.
Vierde kwartaal: Graad 1 en 2; Graad 3: 3.

Bevorderingsvereistes vir Graad 1 tot 3 vanaf 2012 volgens assesseringsskaal:

Huistaal: Afrikaans: 4 uur
Eerste Addisionele Taal: Engels: 3 uur
Wiskunde: 3 uur

Assesseringsskaal vir die Grondslagfase:

7: Uitsonderlike Prestasie: 80-100%
6: Verdienstelike Prestasie: 70-79%
5: Beduidende Prestasie: 60-69%
4: Voldoende Prestasie: 50-59%
3: Gemiddelde Prestasie: 40-49%
2: Elementêre Prestasie: 30-39%
1: Nie Behaal: 0-29%

 

Die inhoud van die Grondslagfase vakke:

Die komponente van Afrikaans:
  • Luister en Praat
  • Klanke, Fonetiek en Spelling
  • Lees
  • Skryf
  • Handskrif
Luister en Praat:
  • Die ontwikkeling van fonemiese bewustheid geniet aandag.
  • Luistervaardighede en luistergedrag word beter.
  • Woordeskat word uitgebrei.
  • Kennis word uitgebrei.
  • Praat oor onderwerpe.
Lees:
  • Die volgende komponente van leesonderrig geniet aandag:
  • Fonemiese bewustheid
  • Wordherkenning
  • Begrip
  • Woordeskatuitbreiding
  • Vlotheid: Die ontwikkeling van leesvaardigheid
Ondersteun ontwikkelende lees:
  • Skep ʼn biblioteekhoekie met verskillende tipes leesmateriaal.
  • Aanvullende lees op Vrydae.
  • Erkenning tydens die Erkenningsfunksie aan die leerders wat per Graad die meeste aanvullende boeke gelees het. Daar is ook ʼn toekenning aan die algehele wenner.
Skryf:
  • Aan die begin van Graad 1 skryf leerders d.m.v. tekeninge en die kopieer van woorde.
  • Woordbou, Sinsbou en ander taalstrukture en taalgebruik kon later by.
Handskrif:
  • Korrekte skryfposisie en hantering van die skryfapparaat word aangeleer.
  • Teen die einde van Graad 1 behoort leerders in staat te wees om hoof-en kleinletters te vorm.
  • In Graad 2: Groter spoed in drukskrif wat lei tot aanmekaarskryf/ kursiewe skrif.
  • Teen die einde van Graad 3 behoort alle leerders aanmekaar/kursief te skryf.
Eerste Addisionele Taal: Engels:
  • Engels word nie in Graad R aangebied nie.
  • Luister – en Praatvaardighede dra groot gewig by die aanbieding van Engels.
  • Lees – en skryfvaardighede word bekendegestel van Graad 1 tot Graad 3.
Wiskunde:
  • Wiskunde word daagliks onderrig.
Inhoud:
  • Getalle en Bewerkings en Verhoudings
  • Patrone, Funksies en Algebra
  • Ruimte en Vorm
  • Datahantering
  • Probleemoplossing
Verskillende tegnieke wat gebruik word om probleme op te los en bewerkings te doen:
  • Verdubbeling
  • Halvering
  • Opbou en afbreek van getalle
  • Getallelyne
Om suksesvol in Wiskunde te wees behoort leerders:
  • Wiskundige taal korrek te gebruik.
  •  Wiskundige woordeskat, getalbegrip, bewerkings en toepassing van vaardighede te bemeester.
  • Te leer om te luister, te kommunikeer, te dink, logies te redeneer en verworwe kennis toe te pas.
  • Te leer om probleme op te los.

 

Lewensvaardighede

Die vak Lewensvaardighede is in vier komponente verdeel:
  • Aanvangkennis
  • Persoonlike en Sosiale Welstand
  • Kreatiewe Kuns
  • Liggaamlike Opvoeding

 

Leerondersteuning

Leerders met leerhindernisse word geïdentifiseer en
onderrigstrategieë word gereeld hersien om hierdie
leerders te akkommodeer en hulp te verleen.
Remediërende Onderrig word twee keer per week na
skool aangebied om leeragterstande te help inhaal.
Onderrig in die klasse is gedifferensieerd sodat leerders
met bogemiddelde insig en vermoëns tot hul volle potensiaal
gelei en kreatiwiteit aangemoedig kan word.

Intermediêre Fase (Gr 4-6) en Seniorfase (Gr 7)

Die Intermediêre en Seniorfase maak voorsiening vir agt leerprogramme wat elkeen leeruitkomstes en assesseringskriteria uit al die leerareas integreer. Behalwe vir die integrasie van al die leerareas om outentieke leer en assesseringsgeleenthede te beplan, te onderrig en te fasiliteer word die progressiewe ontwikkeling van die kennis, vaardighede, gesindhede en waardes beklemtoon. Graad 7 leerders kry geleentheid om in samewerking met hul ouers en onderwysers haalbare teikenpunte te stel vir die jaareindrapport. Epos ons vir meer inligting.

Remediërende Onderrig

Laerskool La Hoff bied ook RO aan in Grade 1 – 3 vir die
leerders wat daarby kan baat. RO word aangebied op
Maandae en Woensdae direk na skool.

Rekenaarondersteunde Onderrig

Rekenaaropleiding word in ‘n goed toegeruste rekenaar-
sentrum met 35 rekenaars. Leerders ontvang onderrig
in Microsoft Office, Windows, Paint, ens. Die onderrig
in die gebruik van die selfoon word ook vir Graad 6 en
7 aangebied. Verder word die sentrum ook gebruik vir
Rekenaarondersteunde Wiskunde onderrig.

Beheerliggaam

Volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet moet ʼn skool oor ʼn funksionele Beheerliggaam beskik. Die Beheerliggaam van Laerskool La Hoff bestaan uit ses ouers, drie onderwysers, een administratiewe verteenwoordiger en die skoolhoof.

Die volgende komitees funksioneer by die skool en staan onder beheer van die beheerliggaam en die hoof:

  • Finansiële Komitee
  • Beeldbou Komitee
  • Graadkomitee
  • Dissiplinêre Komitee

By alle komitees is ‘n opvoeder teenwoordig.

Personeel

Bestuurspan

  • Mnr. Albert Behrens (Skoolhoof)
  • Mnr. Johan Steenkamp (Adjunkhoof):
  • - Natuurwetenskap (Gr5)

  • Mev. Edna du Plessis (DPJ):
  • - (Gr1)

  • Mev. Marika Schreuder (DPS):
  • - Rekenaargesteunde Onderrig (GrR),
    - Rekenaargeïntegreerde Onderrig (Gr4, 5, 7),
    - Liggaamlike Opvoeding (Gr4-7),
    - Afrikaans (Gr7),
    - Bybel (Gr4-6)

  • Mnr. Ben Steyn (DPO):
  • - Sosiale Wetenskap (Gr5,6)

Grondslagfase

    Graad R

  • Mev. Ansie Nieuwenhuis
  • Mev. Joey Kies
  • Mev. Martie Lötz
  • Mev. Stephanie Cilliërs
  •  

    Graad 1

  • Mev. Edna du Plessis
  • Mev. Mariëtte Jordaan
  • Me. Elzanne van der Bank
  • Mev. Michelle Coetzee
  •  

    Graad 2

  • Mev. Suzaan Roos
  • Mev. Annelien Botha
  • Me. Anelda Kies
  • Mev. Natasha Esterhuizen
  • Mev. Mart-Sophie Botha
  •  

    Graad 3

  • Mev. Isabel White
  • Mev. Orné Bruwer
  • Mev. Paula Venter

Intermediêre – en Seniorfase

  • Me. Lizelle Slabbert:
  • - Engels (Gr4),
    - Kuns & Kultuur (Gr4,5,7)
    - Lewensoriëntering (Gr4P)

  • Mev. Amé Kruger:
  • - Afrikaans (Gr4),
    - Sosiale Wetenskap (Gr4),
    - Kuns & Kultuur (Gr4S),
    - Lewensoriëntering (Gr4S)

  • Mev. Hester van der Walt:
  • - Wiskunde (Gr4),
    - Lewensoriëntering (Gr4L,5P),
    - Natuurwetenskap (G4)

  • Mev. Beatrix de Klerk:
  • - Afrikaans (Gr5,6),
    - Lewensoriëntering (Gr5S,L)

  • Mev. Ingrid Murray:
  • - Tegnologie (Gr4-7),
    - Engels (Gr5L)

  • Mev. Brenda Kock:
  • - Wiskunde (Gr5),
    - Natuurwetenskap (Gr6) en
    - Rekenaargesteunde Onderrig (Gr5)

  • Mev. Mike van Rooyen:
  • - Ekonomiese Bestuurswetenskap (Gr4-7) en
    - Lewensoriëntering (G7P,S)

  • Mev. Retha Lubbe:
  • - Sosiale Wetenskap (Gr7),
    - Kuns & Kultuur (Gr6) en
    - Natuurwetenskap (Gr7)

  • Mev. Liz van Zyl:
  • - Wiskunde (Gr 6,7)

  • Mnr. Alex Beukes:
  • - Rekenaargesteunde Onderrig (Gr1-4, 6,7),
    - Rekenaargeïntegreerde Onderrig (Gr6),
    - Liggaamlike Opvoeding (Gr4-7),
    - Bybel (Gr4-6) en
    - Lewensoriëntering (Gr6,7L)

  • Mev. Elize Cloete:
  • - Engels (Gr5-7)

Motiveringstelsels

Klub+

Dissipline word vandag geag as een van die grootste probleme waarmee skole vandag te kampe het. Kinders verwerp tradisionele dissipline, gesagstrukture word ondermyn en ouers word self minder betrokke by hul kinders se aktiwiteite. Hierdie tendens lei tot ambisielose jongmense wie se deursettingsvermoë taan. Hulle word selfs bang om te waag. Die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 vereis dat skole ‘n gedragskode moet hê om die hantering van dissipline te handhaaf. Negatiewe gedrag kry egter, omdat dit dalk bloot menslik is om net die verkeerde raak te sien, in bestaande gedragskodes by baie skole meer aandag. Met so In negatiewe impak op dissipline toon leerders later gedrag wat daarop aandui dat hulle niks reg kan doen nie.

As opvoeders weet ons almal dat kinders:

  • van nature ʼn baie sterk verbeeldingskrag het, energiek, entoesiasties en kreatief is. Hulle is geskape om eerder emosioneel gesonde mense te wees, en
  • moet kan lag en speel

Ons beleef hulle egter nie meer so spontaan nie. ʼn Moontlike rede hiervoor is dalk die oorbeklemtoning van die konkrete dinge in dissipline ten koste van dinge soos verbeeldingskrag, kreatiwiteit, energie, entoesiasme, inisiatief en ʼn positiewe waaghouding. Laerskool La Hoff is van mening dat negatiwiteit in en van die samelewing ʼn groot invloed op die spontaneïteit van kinders het. Negatiewe houdings, gesindhede en gedrag weerhou egter die kinders van hierdie natuurlike kinderlike positiwiteit.

Die mens is al een wat homself positief kan verander.

Die gedagte het ontstaan om eerder te fokus op positiewe gedrag en optredes binne en buite skoolverband. Net om skool toe te kom, is klaar reeds positief. Dit moet mos êrens erken word. Ons doen mos eintlik meer regte dinge as die verkeerde. Elke mens, selfs kinders, wil graag erkenning hê. Deur middel van erkenning word gepoog om die kinders verantwoordelikheid en deursettingsvermoë te leer sodat hulle meer gebalanseerd kan wees.

Deur middel van KLUB + poog onderwysers om die lewensuitkyk van leerders te verander sodat hulle die lewe meer positief kan benader. Dit word gedoen deur leerders eerder te beloon vir goeie gedrag as om net op negatiewe gedrag en straf te hamer. KLUB + kan seker nie die wêreld verander nie, maar ons wil mense in die skoolomgewing meer positief beïnvloed sodat ons kinders graag bekend sal staan as mense met ʼn gesonde lewenshouding wat saam kan lag en voluit leef! Met die konsekwente toepassing van hierdie positiewe motiveringstelsel, kan ʼn bydrae gelewer word tot die vorming en afronding van leerders met lewensin deur die ervaring van ʼn positiewe werksingesteldheid en lewenskwaliteit wat gelukkige leerders ʼn goeie toekoms sal en kan verseker.

Verskillende kategorieë van belongings by KLUB+

  • Kategorie 1

Hierdie belonings hou verband met die leerders se SKOOLWERK. By hierdie kategorie is al die dinge ter sprake wat die leerder veronderstel is om te doen.

  • Kategorie 2

By hierdie kategorie is alle belonings rondom GOEIE GEDRAG ter sprake wat die leerders moet openbaar, binne en buite die klaskamer.

  • Kategorie 3

By hierdie kategorie is alle belonings rondom HOë MORELE STANDAARDE ter sprake wat die leerders openbaar.

Immunity


People should work in a climate that is challenging, invigorating, and fun….and the rewards should be related as directly as possible to performance.

Bim Black

Immunity is ʼn positiewe motiveringstelsel wat in klasverband bedryf word. Hierdie stelsel maak voorsiening dat daar op ʼn gesonde basis kompetisie tussen klasse plaasvind. Hier speel die inset van die onderwyser ook ʼn baie groot rol. Die volgende kategorieë word in die stelsel gebruik:

  • Skoolbesoek
  • Toetse en eksamens
  • Fondsinsamelings
  • Afskeurstrokies
  • Lojaliteit teenoor aktiwiteite

 

 

Waar Elkeen Saakmaak