Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Welkom by Hoffieland

Welkom by Hoffieland

Ons as Laerskool La Hoff wil elke ouer en leerder verwelkom by ‘n skool met ‘n ryk en trotse geskiedenis en sterk waardes. Op akademiese gebied is ons ‘n voorloper.

Hier is elke leerling belangrik en met ons Afrikaanse, Christelike aanslag word toekomstige leiers gekweek.

Ons sien onsself as ‘n goed gebalanseerde skool waar sport en kultuur ‘n regmatige plek in leerders se opvoeding en onderrig het. Deelname en betrokkenheid is vir ons belangrik.

‘n Ondersteunende gemeenskap en ouerkorps vorm saam met die personeel ‘n voortreflike span. ‘n Dinamiese beheerliggaam maak die personeel se werk soveel makliker. Goeie akademiese, sport- en kultuurprestasies is ‘n toonvenster van ‘n bekwame, entoesiastiese personeel, positiewe leerders en ondersteunende ouers. Hier word hoё lewenswaardes gehandhaaf en almal met respek hanteer. Eenmaal ‘n Hoffie, altyd ‘n Hoffie.

Hier kom ons kinders nog kaalvoet skool toe, leef naby die natuur op ons pragtige terrein, en vorm deel van alle geleenthede wat ‘n toonaangewende skool soos Laerskool La Hoff bied.

By La Hoff fokus ons op uitnemende onderwys in ‘n omgewing waar liefde, respek, integriteit, lojaliteit en geduld uitgeleef word.

Ons is opgewonde om julle deel van ons Hoffie familie te maak.

Groete
Mnr Anton Smith

Mnr Anton Smith

Lahoff © 2024. All rights reserved.