Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Akademie

Akademie

Bekwame en toegewyde personeel sorg vir kwaliteitonderrig in alle leerareas.

Ons skool bied met trots ‘n weergawe van die KAV-benadering wat sedert 2012 geïmplementeer word aan.

Dit is uitkomsgerig en berei leerders by uitstek op die eise van die nuwe millennium voor.

Grondslagfase

Graad 1 tot 3

In hierdie fase is elke opvoeder verantwoordelik vir die aanbieding van Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde en Lewensvaardighede.

Intersenfase

Graad 4 tot 7

By die Intermediêre- en Seniorfase (Intersen) word die vakke soos volg aangebied:

Graad 4 tot 6:

  • Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal – Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskap en Tegnologie
  • Lewensvaardighede
  • Sosiale Studies

Graad 7:

  • Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal – Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskap
  • Lewensoriëntering
  • Sosiale Studies
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  • Tegnologie
  • Kuns en Kultuur

Behalwe vir die integrasie van al die vakke om outentieke leer- en- assesseringsgeleenthede te beplan, te onderrig en te fasiliteer word die progressiewe ontwikkeling van die kennis, vaardighede, gesindhede en waardes beklemtoon.

Opvoedkundige uitstappies

Graad R tot 7:  Leerders gaan op eendaguitstappies.
Graad 6: Leerders gaan jaarliks op ‘n opvoedkundige toer.

Lahoff © 2024. All rights reserved.