Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Kleredrag

Kleredrag

SOMERSKOOLDRAG

Dogters: Graad RR en R

  • Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere (kaalvoet) aan. Plaas ook ‘n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval.
  • Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthempie en die swart La Hoff-kortbroekie aan.

Dogters: Graad 1 tot 7

  • Skoolrok: Die lengte van die skoolrok mag nie minder as 5 cm bo die knie wees nie, m.a.w. die onderkant van die skoolrok moet ongeveer wees waar die middelvinger raak as die arm en hand na onder gestrek word.
  • Skoolbroekie: Geen skipants wat onder die rok uitsteek, mag gedra word nie.  Ougoud ski-pants is beskikbaar by die verskaffers.
  • Kouse: Wit skoolkouse mag net een of ‘n maksimum van twee keer omgevou word.
  • Skoene: Plat swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die voet word gedra. Skoene met dik rubbersole word nie toegelaat nie. Dogters kan ook kaalvoet kom indien hulle dit verkies.
  • ‘n Oortrektrui (“pullover”) of ‘n skooltrui en/of ‘n skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie indien dit koelerig is.

Dogters: LO-drag

  • La Hoff-sporthemp; swart kortbroek; kaalvoet of tekkies (nie verpligtend nie) en wit kouse.
  • Die volgende word NIE toegelaat NIE:  Skipants, “second skin”- hemde en/of broeke, plakkies, “secret socks” of enige gekleurde kouse.  Die leerders word ook geassesseer op hul kleredrag.  Help ons asseblief in hierdie verband.

Seuns: Graad RR en R

  • Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere aan. Plaas ook ’n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval.
  • Kleuters kom in somertye kaalvoet skool toe.
  • Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthemp en die swart La Hoff-kortbroekie aan.

Seuns: Graad 1 tot 7

  • Hemp: Grys kortmouhemp. ‘n Das is verpligtend indien ‘n langmouhemp gedra word.
  • Broek: Grys kortbroek.
  • Kouse: Grys skoolkouse.
  • Skoene: Swart skoolskoene wat met skoenveters toegeryg word waarvan die sool nie dikker as 3 cm is nie. (Geen steweltipe skoene of gekleurde skoenveters mag gedra word nie).  Seuns kan ook kaalvoet kom indien hulle dit verkies.
  • Trui: ‘n Oortrektrui (“pullover”) of langmou skooltrui en/of ‘n skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie indien koelerig.

Seuns: LO-drag

  • La Hoff-sporthemp; swart kortbroek; kaalvoet of tekkies (nie verpligtend) en wit kouse.
  • Die volgende word NIE toegelaat NIE:  Skipants, “second skin”-hemde en/of broeke, plakkies, “secret socks” of enige gekleurde kouse.  Die leerders word ook geassesseer op hul kleredrag.  Help ons asseblief in hierdie verband.

WINTERSKOOLDRAG

Dogters: Graad RR en R

  • Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere aan. Plaas ook ’n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval;
  • Gedurende wintertye moet leerders asseblief tekkies aantrek. Geen stewels en hoë hakskoene nie.
  • Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthempie en die La Hoff-sweetpak aan. Indien ouers dit verkies, kan kleuters gedurende wintertye met hul sweetpakke skool toe kom met die bypassende sporthemp, kouse en haarbykomstighede.

Dogters: Graad 1 tot 7

  • Hemp: ‘n Wit lang- of kortmouhemp.
  • Das: ‘n Skooldas moet ten alle tye gedra word.
  • Broek: ‘n Grys langbroek.
  • Kouse: Grys skoolkouse.
  • Skoene: Plat swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die voet. Skoene met dik rubbersole word nie toegelaat nie.
  • Trui: ‘n Oortrektrui (“Pullover”) of ‘n langmou skooltrui.
  • Skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie (beskikbaar by Ultimate School and Sports).

Seuns: Graad RR en R

  • Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere aan. Plaas ook ’n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval.
  • Gedurende wintertye moet leerders asseblief tekkies aantrek. Geen stewels nie.
  • Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthempie en die La Hoff-sweetpak aan. Indien ouers dit verkies, kan kleuters gedurende wintertye met hul sweetpakke skool toe kom met die bypassende sporthemp, kouse en tekkies.

Seuns: Graad 1 tot 7

  • Hemp: ‘n Grys lang- of kortmouhemp.
  • Das: n Skooldas moet ten alle tye gedra word.
  • Broek: ‘n Grys langbroek.
  • Kouse: Grys skoolkouse.
  • Skoene: Die voorgeskrewe swart skoolskoene wat met skoenveters toegeryg word waarvan die sool nie dikker as 3 cm is nie. (Geen stewel-tipe skoene of gekleurde skoenveters mag gedra word nie.)
  • Trui: ‘n Oortrektrui (“pullover”) of ‘n langmou skooltrui.
  • Skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie (beskikbaar by Ultimate School and Sports).

Algemeen:

Daar word van leerders verwag om die volledige skooldrag soos voorgeskryf ten alle tye te dra.

GEEN bont truie/musse/serpe/handskoene word toegelaat nie, en SLEGS die voorgeskrewe Drimac-baadjie – geen ander nie. Indien serpe/handskoene/musse gedra word, moet dit heeltemal swart wees.

Skoolklere moet asseblief duidelik gemerk word!

Op die dae wat Graad 4 tot 7 leerders buite LO-periodes het, kom hulle met sportdrag skool toe – tekkies, Hoffie-sporthemp, skoolsweetpak en/of voorgeskrewe Drimac-baadjie).

Lahoff © 2024. All rights reserved.