Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Heronderrig

Heronderrig

Op Woensdae word daar heronderrig aangebied vir die Grade 4 tot 7.

Tydens hierdie sessie poog ons om begrippe wat moeilik verstaanbaar is vir sommige leerders, weer aan hulle te verduidelik. Aangesien dit heronderrig is en nie ekstra klasse nie, word dit gratis aangebied. Daar word veral gefokus op tale en Wiskunde.

In die Grondslagfase word daar remediërende onderrig aangebied op Maandae- en Woensdae-middae. Dit is ook gratis en leerders word weer eens gehelp met moeilike begrippe wat nog vasgelê moet word.

So poog ons om werklik elke leerder die geleentheid tot akademiese sukses te bied volgens sy vermoë.

Lahoff © 2024. All rights reserved.