Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Netbal

Netbal

Ons probeer om so veel as moontlik dogters blootstelling te gee aan netbal.

Ons oefen reg deur die jaar netbal en in die afseisoen fokus ons daarop om die spelers se vaardighede op te skerp. In die begin van die jaar begin ons met die voorseisoenprogram. Aan die begin van Februarie skop ons af met ‘n netbalkliniek vir al die dogters van o/9 tot o/13. Hierdie kliniek dien as ‘n lusmaker vir ons dogters en word aangebied deur professionele afrigters. In 2019 het ons vir Dorette Badenhorst genooi om die kliniek aan te bied.

Ons is ‘n span van 15 toegewyde afrigters. Ons beskik oor goed opgeleide afrigters en skeidsregters wat gekwalifiseerde NSA vlak 1- en 2-afrigtingskursusse geslaag het. Van ons afrigters word ook elke jaar genooi om provinsiale spanne af te rig.

Ons skeidsregters is ook van hoogstaande gehalte en sommige skeidsregters skeidsreg elke jaar tydens die nasionale All Ages provinsiale toernooi en beskik dus oor ‘n SASN-gradering.

Die spel verander gedurig en daarom is dit vir ons belangrik om op hoogte van sake te bly.

Ons afrigters en skeidsregters woon gereeld kursusse en klinieke by om hulself op te skerp vir die komende seisoen. Vroeg in die jaar woon die skeidsregters Annie Klopper se kursus by. Die afrigters, tesame met die spelers, gaan ook elke jaar Camp Discovery toe waar hul afrigting ontvang by Jenny van Dyk, een van Suid-Afrika se top afrigters.

Mini-netbal:

Die mini-netbal by die skool word ook nie afgeskeep nie. Die afrigters van ons kleuters woon elke jaar dr Elsje Jordaan se klinieke by. Ons glo dat as die vaslegging by die klein maatjies reg gedoen word, kan ons netbal by ons senior spanne net verbeter en sterker word.

In 2019 is ons trots om aan te kondig dat ons ons eie netbalkliniek gaan aanbied onderleiding van twee voormalige Protea-spelers, naamlik Amanda Mynhardt en Nadia Uys- Pienaar. Terselfdetyd gaan Sharon Nel, NSA A-skeidsregter, weer met die skeidsregters werk.

Ons is bevoorreg om baie diepte in ons spanne te hê. Dis vir ons belangrik om vir so veel as moontlik dogters die geleentheid te bied om netbal te speel. Ons kies dus elke jaar drie spanne per ouderdomsgroep, en waar moontlik vier spanne. Dis vir ons belangrik dat al die spanne wedstrydblootstelling moet kry daarom reël ons ekstra wedstryde teen skole in ander ligas om teen ons B, C en D spanne te speel.

Ons poog daarin om genoeg wedstryde te speel in ons voorseisoen en skroom nie om in die bus te spring vir wedstryde teen skole in ander provinsies nie.

Ons lewer jaarliks verskeie spanne op wat as ligawenners of naaswenners uit die stryd tree.

Vir die afgelope paar jaar het ons skool die voorreg gehad om spanne op o/11-, o/12- en o/13-vlak te hê wat deelneem aan die Noordwes Finale, waar ons meeding teen die beste van die bestes in ons provinsie.

Van ons spanne het die voorreg gehad om deur te dring na die Nasionale SA Kampioenskappe. Tydens die toernooi speel ons teen die beste spanne in die land.

Ons dogters presteer ook individueel en word verkies tot die onderskeie o/12- en o/13- provinsiale spanne wat tydens die Junie-vakansie deelneem aan die All Ages-toernooi.

Netbal by La Hoff is ‘n passie en ons streef daarna om die kinders die liefde vir die spel aan te leer sodat hul eendag dalk nog hoër hoogtes kan bereik.

Lahoff © 2024. All rights reserved.