Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Landloop

Landloop

Van so jonk as agt jaar oud word ons atlete aan landloop blootgestel.

Hulle begin met afstande van 1 km en vorder soos hulle ouer word tot by 4 km vir die o/13-leerders.

By Laerskool La Hoff ontvang die atlete professionele afrigting reg deur die jaar deur mnr Sakkie van Antwerpen, ‘n buite afrigter van La Hoff. Daar is tussen 50 en 70 atlete wat deel is van La Hoff se Landloopklub. Met die leiding van Mnr Van Antwerpen spog ons tans met tientalle atlete wat aan die Noordwes Kampioenskappe deelneem en 20 tot 30 atlete wat
deurdring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Mini-landloop

Jaarliks word daar ‘n Mini-landloop gehou waaraan die hele skool deelneem. Dit dien as ‘n uitdunrondte waar leerders geïdentifiseer word wat moontlik die sportsoort sal geniet.

By dié geleentheid hardloop die Hoffies om die skool in goeie gees en soms hardloop die onderwysers sommer ook saam vir bietjie pret.

Lahoff © 2024. All rights reserved.