Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Graad RR en Graad R

Graad RR en
Graad R

Die Hoffie Proffieskool – ons trotse Gr RR- en Gr R-sentrum.

‘n Veilige leerarea vir ons jong leerders met gestruktureerde ontwikkeling, liefde en omgee.

Hier volg ons ‘n holistiese benadering. Ons strewe daarna om kleuters in totaliteit te ontwikkel en ‘n kindjie se basiese vaardighede vas te lê en sodoende skoolgereed te maak.

Waarop word daar gefokus?

Dit is vir ons belangrik dat elke kleuter in ‘n veilige omgewing kan speel en spelonderrig kan ontvang. Gelukkige kleuters is vir ons baie belangrik omdat emosionele welstand ‘n kleuter se skolastiese vordering kan beïnvloed. Aktiwiteite word aangebied van konkreet na abstrak.

Pakkette

Oordeelkundig saamgestelde pakkette vir Gr RR en R is by ons sentrum te koop, asook by ons skool se Boekwinkel. Die pakkette bevat alles wat die kleuter benodig en gaan gebruik gedurende die jaar.

Speeltye

Groot motoriese ontwikkeling is vir ons baie belangrik. Die kleuters het twee pouses waartydens daar buitespel plaasvind. Ons buite speelterrein is baie netjies en veiligheid word verseker.Daar is deurgaans volle toesig deur bekwame en opgeleide personeel. Ons maak ook gebruik van ‘n kleuterraad, waar leerlingraadsdogters (Gr 7) asook Gr 6-dogters graag die klein maats uithelp.Ons buite aktiwiteite behels waterspel, sandputte, fietsbaan met skopfietse, klimmuur, swaaie, glyplanke, klimrame en vele meer.

Klaskamers

Die Gr RR- en Gr R-sentrum se klaskamers is baie goed ingerig en beskik oor al die nodige hulpmiddele om onderrig van hoogstaande gehalte te bied – dit is veilig en higiënies. Elke klaskamer het ‘n pophoekie, fantasiehoekie, blokhoekie én leeshoekie.

Die klaskamers het ook sekuriteitskameras en monitering vind op ‘n daaglikse basis plaas.

Gr RR- en Gr R-onderwysers

Laerskool La Hoff se Gr RR- en R-sentrum beskik oor bekwame onderwysers met
ondervinding in kleuteronderrig en sorg.

Juffrou Lunèl Bonthuys
Gr RR
Juffrou Yolandé de Beer
Gr RR
Amri van Jaarsveld
Juffrou Amri van Jaarsveld
Gr RR
Juffrou Chantal Fourie
Gr R
Juffrou Saldine Trollip
Gr R
Bronwyn Ivans
Juffrou Bronwyn Ivans
Gr R
Juffrou Simoné Stevens
Gr R
Juffrou Carinne Botha
Gr R

Lahoff © 2025. All rights reserved.