Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Hokkie

Hokkie

Laerskool La Hoff bied hokkie aan vir seuns en dogters vanaf Gr R tot Gr 7.

Hierdie spanne neem deel aan verskeie hokkietoernooie en -klinieke deur die seisoen soos per ouderdomsgroep.

Dit sluit onder andere in die Eddie Walker Toernooi op astro-bane, die Schoonspruit Aandreeks, Super 8-hokkietoernooi, verskeie Hokkiefeeste waar die jonger spelers blootgestel word aan wedstryde en spelpatrone, asook die liga wat gedurende die derde kwartaal afspeel teen skole in ons poel.

Die afrigters wat die spanne lei en ontwikkel, maak deel uit van die skool se personeel. Hierdie afrigters gaan jaarliks vir afrigtings- en skeidsregterskursusse om te verseker dat alle afrigting van bostaande gehalte is.

Oefening geskied van die middel van die tweede kwartaal af ter voorbereiding vir die liga en toernooie wat tydens die derde kwartaal afspeel.

Lahoff © 2024. All rights reserved.