Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Wetenskap-ekspo

Wetenskap-ekspo

Ondersoek en evalueer – twee sleutelwoorde wat baie leerders se oë laat rek wanneer hulle interessante bevindinge maak. Wetenskap-ekspo is ‘n geleentheid waar leerders in Gr 5 tot 7 ondersoek kan instel oor die interessantste onderwerpe.

Beplanning begin vroeg in die eerste kwartaal waar leerders kan kies uit ’n wye reeks kategorieë wat nie noodwendig gebonde is aan Wetenskap nie. Laerskool La Hoff se leerders vaar elke jaar baie goed. Onder leiding van Mev Kock, Wetenskap-ekspo koördineerder, is ons Hoffies vir die afgelope 15 jaar die laerskoolwenners by die Streekekspo en wen ook telkemale die trofee vir die Beste Laerskool-projek. Verskeie van La Hoff se projekte het ook op internasionale vlak meegeding in Johannesburg.

Lahoff © 2024. All rights reserved.