Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Krieket

Krieket

By La Hoff is krieket nie net ‘n sport nie, maar ‘n leerwyse van die lewe.

Soms kan jy jou beste lewer en nog steeds aan die kortste end trek of jy het dalk vandag misluk, maar deur jou maats wat saam met jou staan, kan jy nog steeds bo uitkom.

Laerskool La Hoff het o/10, o/11 en o/13 A- en B-spanne. Ons het ook ‘n o/9-krieketgroep en reël aparte oefenwedstryde vir hulle. Indien daar genoeg seuns is vir ‘n o/13 C-span probeer ons met groter skole ook oefenwedstryde reël sodat daardie seuns ook ‘n geleentheid kan kry om te ontwikkel.

Die o/11 en o/13 A- en B-spanne gaan op verskeie toere. In 2018 het die spanne na Jaru Sport Akademie gegaan en het die toer regtig geniet. Nie net was die fasiliteite goed nie, maar die afrigting was ook van uitstekende gehalte en goeie en uitdagende wedstryde is gespeel.

Die krieketseisoen begin vir die seniorspanne met ‘n toer in die tweede kwartaal, maar is in die derde kwartaal volstoom aan die gang. Oefeninge is op Dinsdae en Donderdae en so ook ons wedstryde.

Die juniorspanne speel hulle wedstryde op Dinsdae vanaf 14:00 en oefen op Donderdae van 14:00 tot 15:30.
Die seniorspanne oefen Dinsdae vanaf 14:00 tot 15:30 en speel op Donderdae hul wedstryde.

In 2018 het Laerskool La Hoff se spanne goed gevaar:
  • o/10 was in die Noordwes semi-finaal van die groot skole, en so ook KOSH groot skole wenners.
  • o/11 was in die Noordwes kwart-finaal van die groot skole, en so ook KOSH groot skole naaswenners.
  • o/13B was in die Noordwes kwart-finaal van die groot skole, en so ook KOSH groot skole wenners.
  • o/13A was in die Noordwes semi-finaal van die groot skole, en so ook KOSH groot skole naaswenners.

Daar was ook 15 KOSH krieket seuns in die verskeie ouderdomme, waarvan vier seuns genooi was vir Noordwes-proewe.

Vanaf 2019 sal La Hoff ook spog met ons nuwe vasgestelde kolwers krieketnet waar kolwers hulle vermoëns kan verbeter. Dit is te danke aan die ondersteuning van ouers wat met die jaarlikse 8-A-Side Toernooi deelneem – Pa’s van elke graad maak ‘n span en stof die ou talente af vir ‘n harde toernooi vol pret en sportmansgees.

Lahoff © 2024. All rights reserved.