Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Leiers

Leiers

Laerskool La Hoff kweek graag leiers – in die klaskamer, maar ook as deel van daaglikse pligte en aktiwiteite.

Buiten klasleiers, het La Hoff ‘n formele leerlingraad wat bestaan uit 24 lede – 12 seuns en 12 dogters. Hierdie leiers help graag met basiese organisering in die skool en help bou aan leerderdissipline en verhoudinge.

Daar is vier rade waarop die leerlingraad moet dien: Kultuurraad, Welsynsraad, Personaliaraad en Boekraad. Elke raad vorm deel van La Hoff se kernwese. Die saalopeninge word ook gelei en aangebied deur leerlingraadslede, waar hulle ervaring en selfvertroue opbou deur die nodige inligting te versamel en aan te kondig.

Jaarliks word ‘n nuwe groep leerlingraadslede uitgewys. Alle leerders van Gr 4 tot Gr 7, asook die personeel stem. Die leiers word dan kort voor die skoolvakansie aangewys vir die volgende termyn.

Lahoff © 2019 All rights reserved.