Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Sosiaal

Sosiaal

Soms het kinders ook speeltyd nodig – dae vol pret en plesier.

By Laerskool La Hoff is dit ‘n fokuspunt dat daar ook aandag gegee word aan leerders se sosiale behoeftes. Hier volg maar net ‘n paar van die prettighede in Hoffieland:

Valentynsdag piekniek en dans

Rooi getooi en peuselhappies vir ‘n nasie! Leerders geniet dit om hierdie dag te vier. Van Gr R tot Gr 7 vat almal ‘n breuk van akademie om die vreugdevolle dag te geniet. Vir Gr 6- en Gr 7-leerders is daar ‘n Valentynsokkie.

Braaidag (Erfenisdag)

Leerders kry die geleentheid om hulle Suid-Afrikaanse kultuur te geniet en te vier. Of leerders ‘n braaipakkie saambring skool toe en of die manspersoneel vir die hele skool worsbroodjies braai, hierdie is ‘n dag om nie te mis nie.

Lentedag

Die begin van ‘n nuwe seisoen is altyd lekker – veral lente! Met die begin van lente hou Laerskool La Hoff ‘n Lenteloop. Dit vorm deel van La Hoff se jaarlikse fondsinsamelingsprojek. Leerders kry ‘n tema per klas en word geborg deur ondersteuners om soveel keer moontlik om die skool te stap. Dis groot pret, want hier kyk ons na gees en uithouvermoë – en leerders geniet die spontane kompetisie tussen mekaar.

English High Tea

Jaarliks het ons Hoffies ‘n Engelse week. Dit gebeur in die week waar leerders deelneem aan Public Speaking (Engelse Redenaars). Dan geniet die hele skool sommer die Engelse kultuur.

Een dag in die week word die English High Tea gereël. Leerders tooi hulself dan op met pêrels, handskoene, hoede en vele fraai bykomstighede en bring ‘n lekker mandjie vol engelse disse – skons, toebroodjie, croissants en tee.

Slipper-dag (Tekkie Tax-dag)

Dit vorm deel van fondsinsameling vir behoeftige kinders. Leerders kom met hulle pantoffels skool toe.

Waterkaskenades

Jaarliks, as deel van ‘n groot en prettige jaarafsluiting, hou Laerskool La Hoff waterkaskenades! Daar word sommer ‘n groot klomp glybane gehuur, wat leerders dan vir ‘n hele skooldag kan geniet.

Entrepreneursdae

Die juniorfase en seniorfase kry elk ‘n kans vir ‘n spoggerige Entrepreneursdag (Markdag).

Hier kan elke leerder ‘n geldjie saambring en lekker eetgoed of bederfies koop by die uitstallers.

Lahoff © 2024. All rights reserved.