Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Juniorkoor en Seniorsanggroep

JUNIORKOOR EN SENIORSANGGROEP

Hier vind nie net stemontwikkeling en musikale ontwikkeling plaas nie, maar die kind se luistervaardighede, selfvertroue en die vaardigheid om op te tree voor ‘n gehoor word ontwikkel en bevorder. Dis ontspannend en altyd lekker om deel te vorm van hierdie kulturele aktiwiteit.

By Laerskool La Hoff het ons ‘n juniorkoor wat al vir jare deel is van ons skool, met verskeie optredes en vermaaklikheidsgebeure. In 2019 het ons ‘n nuwe senior sanggroep gestig waar die leerders kan aanhou om hulle passie vir sang en musiek te bevorder. Mev Orné Bruwer en mev Michelle Coetzee deel in die afrigting en begeleiding van die juniorkoor en by die senior sanggroep rig mev Orné Bruwer ook af saam met mnr Quinten Pendle.

Albei die groepe neem deel aan verskeie optredes by kerke en feeste in die omgewing, onder andere die Liggiefees, KPS Koorfees, Cantando Koorfees, Doringkruin Koorfees en Paasfeesoptredes by kerke. Hulle neem ook deel aan die Eisteddfod waar beoordeling plaasvind.

Die koorseisoen begin vroeg in Februarie en strek tot einde September. Keuring vind in November plaas vir die komende seisoen.
Die juniorkoor oefen op Maandae en Woensdae vanaf 13:30 tot 14:30 en die senior sanggroep oefen Maandae en Woensdae vanaf 14:30 tot 15:15. Addisionele oefeninge word ook gereël soos nodig.

Lahoff © 2024. All rights reserved.