Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Trompoppies

Trompoppies

Laerskool La Hoff neem met groot trots deel aan verskeie kampioenskappe.

Met baie hardewerk en deursettingsvermoë, skitter hierdie dogters elke jaar.

La Hoff se trompoppies neem aan verskillende afdelings deel, naamlik “non-prop”,  stokgroep, vlaggroep, “small drill” en “large drill”. Daar is vier optredes en ‘n vyfde optrede wat die Noordwes Kampioenskappe is. Indien die groep hier kwalifiseer, dring hulle deur na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Tydens die Noordwes Kampioenskappe van 2018 is die Trompoppies bekroon tot die “Kampioen van kampioene” (Champ of champions). Dus algehele Noordwes-wenners.

Tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal La Hoff ‘n algehele sewende plek uit 21 spanne.

Alhoewel dit ‘n skoolsport is, rig n buite-afrigter, Angelique Spires, die dogters af. Angelique is ‘n gekwalifiseerde afrigter met Noordwes-kleure en het ook haar Noordwes-kleure in beoordeling verwerf.

Tompoppies leer die meisies dissipline, volharding en deursettingsvermoë. Hulle leer ook om in ‘n groep saam te werk en mekaar te ondersteun. Daar word ontwikkeling gedoen t.o.v. selfbeeld, postuur en selfstandigheid.

Oefentye is op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 14:00 tot 16:00. Addisionele oefeninge word ook gereël soos nodig.

Lahoff © 2024. All rights reserved.