Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Rugby

Rugby

Laerskool La Hoff, met elke leerder, afrigter en ouer, nader rugby met ‘n passie!

Ons getalle groei jaarliks. Tans speel ons met ‘n volle nege rugbyspanne wat deelneem aan verskeie toernooie en klinieke om ons seuns se vaardighede te ontwikkel. Rugby by La Hoff is onder leiding van bekwame manspersoneel wat as afrigters dien, asook buite afrigters. La Hoff bied ook graag rugbyklinieke aan vir belangstellendes. André Pretorius en Chris Erasmus was al van die aanbieders.

Elke jaar, vroeg in Februarie begin spanne met oefening en opwarmingswedstryde vir die bedrywige en uitdagende seisoen wat voorlê. Ons neem jaarliks deel aan die Super 8 Rugbytoernooi, waar die o/13-rugbyspan in 2016 en die o/9A en o/11A in 2018 die wentitel huis toe gebring het. Tydens 2018 se Super 8-toernooi was Laerskool La Hoff ALGEHELE wenners.

RUGBYRAMME

Vanaf 2017 neem Laerskool La Hoff deel aan die kykNET rugbyprogram, Rugbyramme. Hier ding skole reg oor die land teen mekaar mee vir die Rugbyram-beker. In 2018 was die o/9 span as Rugbyram-wenners verklaar na ‘n baie uitdagende reeks. Ons dra die titel met trots!

Lahoff © 2024. All rights reserved.