Skooladres

H/v Cory- en Sangirostraat, La Hoff, Klerksdorp

KONTAKBESONDERHEDE

018 468 2471

Skoolure

Ma - Do: 07:20 - 13:30Vr: 07:20 - 13:00

Tennis

Tennis

Laerskool La Hoff se tennis vaar baie goed, met ‘n spoggerige getal van 16 spanne, kweek ons ‘n liefde vir tennis onder leerders.

Vanaf Gr 2 tot Gr 7 kan leerders in die skoolspanne deelneem onder leiding van bekwame afrigters.

Jaarliks neem Laerskool La Hoff deel aan die enkels- en dubbelstoernooie teen skole in die streek wat regdeur die jaar geskied. La Hoff neem ook jaarliks deel aan die Super 8 Tennistoernooi, waar ons vir die afgelope vier jaar, vanaf 2015 as wenners verklaar is. Die spelers werk hard om hierdie titel te behou.

Uitspeelwedstryde vir die verskeie spanne geskied in die vierde kwartaal waar die ranglys vir die komende jaar bepaal word. Dit gee spelers meer as genoeg tyd om mekaar te daag voordat die ligawedstryde begin.

Lahoff © 2024. All rights reserved.