Inskrywings
Die oorspronklike inskrywingsvorm moet vir elke nuwe leerder voltooi word.
Inskrywings vir 2025 open in die tweede kwartaal. Kry gerus die volgende dokumentasie gereed:
Afskrifte van die volgende dokumente moet ingedien word:
- Leerder se geboortesertifikaat
- Ouers se identiteitsdokumente
- Kliniekkaart
- Oorplasingsbrief van vorige skool (indien van toepassing)
- Bewys van adres
- Mediesefondskaart (indien van toepassing)
- Vorige rapport
Die inskrywingsfooi beloop R1050 wat in Januarie, die eerste maand, se skoolfonds afgetrek word. LET WEL: Inskrywingsfooi word slegs terugbetaal aan ouers wat verhuis na ‘n ander dorp (bewyse word benodig).
Skoolfonds vir 2024 beloop R1050 per leerder, per maand.
Die leerder se plek is eers bevestig sodra die inskrywingsfooi, nodige dokumente en volledige inskrywingsvorm ontvang is.
NEEM ASB KENNIS:
Aanlyninskrywings is tans nie beskikbaar nie.
Inskrywings word tans slegs deur die skoolkantoor behartig. Indien u steeds wil gebruik maak van ‘n elektroniese vorm, skakel asb eers die skoolkantoor om te hoor of daar nog plek is in die spesifieke graad/grade. ‘n Elektroniese vorm sal dan vir u persoonlik ge-epos word.
Die onderstaande skakel sal dus geen vorm oplewer nie.