Kleredrag
SOMERSKOOLDRAG
Dogters: Graad RR en R
- Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere (kaalvoet) aan. Plaas ook ‘n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval.
- Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthempie en die swart La Hoff-kortbroekie aan.
Dogters: Graad 1 tot 7
- Skoolrok: Die lengte van die skoolrok mag nie minder as 5 cm bo die knie wees nie, m.a.w. die onderkant van die skoolrok moet ongeveer wees waar die middelvinger raak as die arm en hand na onder gestrek word.
- Skoolbroekie: Geen skipants wat onder die rok uitsteek, mag gedra word nie. Ougoud ski-pants is beskikbaar by die verskaffers.
- Kouse: Wit skoolkouse mag net een of ‘n maksimum van twee keer omgevou word.
- Skoene: Plat swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die voet word gedra. Skoene met dik rubbersole word nie toegelaat nie. Dogters kan ook kaalvoet kom indien hulle dit verkies.
- ‘n Oortrektrui (“pullover”) of ‘n skooltrui en/of ‘n skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie indien dit koelerig is.
Dogters: LO-drag
- La Hoff-sporthemp; swart kortbroek; kaalvoet of tekkies (nie verpligtend nie) en wit kouse.
- Die volgende word NIE toegelaat NIE: Skipants, “second skin”- hemde en/of broeke, plakkies, “secret socks” of enige gekleurde kouse. Die leerders word ook geassesseer op hul kleredrag. Help ons asseblief in hierdie verband.
Seuns: Graad RR en R
- Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere aan. Plaas ook ’n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval.
- Kleuters kom in somertye kaalvoet skool toe.
- Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthemp en die swart La Hoff-kortbroekie aan.
Seuns: Graad 1 tot 7
- Hemp: Grys kortmouhemp. ‘n Das is verpligtend indien ‘n langmouhemp gedra word.
- Broek: Grys kortbroek.
- Kouse: Grys skoolkouse.
- Skoene: Swart skoolskoene wat met skoenveters toegeryg word waarvan die sool nie dikker as 3 cm is nie. (Geen steweltipe skoene of gekleurde skoenveters mag gedra word nie). Seuns kan ook kaalvoet kom indien hulle dit verkies.
- Trui: ‘n Oortrektrui (“pullover”) of langmou skooltrui en/of ‘n skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie indien koelerig.
Seuns: LO-drag
- La Hoff-sporthemp; swart kortbroek; kaalvoet of tekkies (nie verpligtend) en wit kouse.
- Die volgende word NIE toegelaat NIE: Skipants, “second skin”-hemde en/of broeke, plakkies, “secret socks” of enige gekleurde kouse. Die leerders word ook geassesseer op hul kleredrag. Help ons asseblief in hierdie verband.
WINTERSKOOLDRAG
Dogters: Graad RR en R
- Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere aan. Plaas ook ’n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval;
- Gedurende wintertye moet leerders asseblief tekkies aantrek. Geen stewels en hoë hakskoene nie.
- Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthempie en die La Hoff-sweetpak aan. Indien ouers dit verkies, kan kleuters gedurende wintertye met hul sweetpakke skool toe kom met die bypassende sporthemp, kouse en haarbykomstighede.
Dogters: Graad 1 tot 7
- Hemp: ‘n Wit lang- of kortmouhemp.
- Das: ‘n Skooldas moet ten alle tye gedra word.
- Broek: ‘n Grys langbroek.
- Kouse: Grys skoolkouse.
- Skoene: Plat swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die voet. Skoene met dik rubbersole word nie toegelaat nie.
- Trui: ‘n Oortrektrui (“Pullover”) of ‘n langmou skooltrui.
- Skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie (beskikbaar by Ultimate School and Sports).
Seuns: Graad RR en R
- Kleuters trek elke dag ou en gemaklike klere aan. Plaas ook ’n ekstra stel klere in ‘n plastieksakkie in die leerders se tas vir ’n noodgeval.
- Gedurende wintertye moet leerders asseblief tekkies aantrek. Geen stewels nie.
- Tydens uitstappies en geleenthede trek die kleuters die La Hoff-sporthempie en die La Hoff-sweetpak aan. Indien ouers dit verkies, kan kleuters gedurende wintertye met hul sweetpakke skool toe kom met die bypassende sporthemp, kouse en tekkies.
Seuns: Graad 1 tot 7
- Hemp: ‘n Grys lang- of kortmouhemp.
- Das: n Skooldas moet ten alle tye gedra word.
- Broek: ‘n Grys langbroek.
- Kouse: Grys skoolkouse.
- Skoene: Die voorgeskrewe swart skoolskoene wat met skoenveters toegeryg word waarvan die sool nie dikker as 3 cm is nie. (Geen stewel-tipe skoene of gekleurde skoenveters mag gedra word nie.)
- Trui: ‘n Oortrektrui (“pullover”) of ‘n langmou skooltrui.
- Skoolsweetpakbaadjie of die voorgeskrewe Drimac-baadjie (beskikbaar by Ultimate School and Sports).
Algemeen:
Daar word van leerders verwag om die volledige skooldrag soos voorgeskryf ten alle tye te dra.
GEEN bont truie/musse/serpe/handskoene word toegelaat nie, en SLEGS die voorgeskrewe Drimac-baadjie – geen ander nie. Indien serpe/handskoene/musse gedra word, moet dit heeltemal swart wees.
Skoolklere moet asseblief duidelik gemerk word!
Op die dae wat Graad 4 tot 7 leerders buite LO-periodes het, kom hulle met sportdrag skool toe – tekkies, Hoffie-sporthemp, skoolsweetpak en/of voorgeskrewe Drimac-baadjie).